Tag Archives: nuut

Fritz Joubert Duquesne: Die ontwykende Boerespioen

deur Ilze Nieuwoudt  Min dinge fassineer die menslike psige soveel soos ’n geheim – en wanneer dié geheim boonop ’n Suid-Afrikaanse konneksie met die Anglo-Boereoorlog het, spits geskiedenisliefhebbers met rede dadelik die ore. Een van die kleurrykste én mees omstrede figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is waarskynlik Fritz Joubert Duquesne. Lotsgebonde: Die verhaal van Fritz […]

Verfrissende geskiedenis van vrouetydskrif nou op die rak

Die eerste Afrikaanse vrouetydskrif, Die Boerevrou, het in 1919 die lig gesien. Hoewel uiters gewild onder haar lesers is Die Vroutjie, soos wat die blad in die volksmond bekendgestaan het, weens die finansiële druk van die Depressiejare in 1931 gestaak. Die kultuurhistorikus Jeanette van Rensburg het haar doktorale studie oor dié tydskrif gedoen en bring […]

Die volgende stop-bordspeletjie bied nou selfs méér pret 

Die volgende stop is ’n gewilde, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom. Nou kan die pret en plesier selfs langer hou! Reeks […]

Nuut by Kraal Uitgewers: Kill the Boer

Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers (teen R300). In dié opspraakwekkende publikasie ondersoek Roets onder meer die unieke karakter van plaasaanvalle en werp lig op moontlike aandadigheid van die Suid-Afrikaanse regering, die regerende ANC en selfs […]

Herontdek Van Riebeeck se skatkis

In die nuwe publikasie Vat jou goed en bou! skryf die uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, oor ’n geheimsinnige kissie wat Jan van Riebeeck in 1652 kort ná sy koms na die Kaap oopgemaak het. Die inhoud van die kissie is waarskynlik nie wat Van Riebeeck verwag het nie. Buys skryf: “Dit […]