Tag Archives: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika

20 November 1926 – Engeland kondig outonomie vir oudste kolonies aan

Op 20 November 1926, vandag 94 jaar gelede, word in Londen aangekondig dat outonomie aan vyf van die oudste kolonies van die Britse Ryk toegestaan sal word (dit sluit in Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Newfoundland). Dié besluit is vervat in die Balfour-verklaring wat bepaal het dat “Brittanje en die dominiums gelyke status het en […]

14 Junie 1897 – Joodse diamantmagnaat Barney Barnato pleeg selfmoord

Op 14 Junie 1897 pleeg die Joodse diamantmagnaat Barney Barnato selfmoord toe hy naby Madeira oorboord spring van die “Scot”. Barnato en sy gesin was vanaf Kaapstad onderweg na Southampton. Hy was 44 jaar oud. Barnato is gebore as Barnett Isaacs, maar het sy naam verander terwyl hy as komediant gewerk het. Hy het in […]

17 Maart 1820 – Eerste Britse setlaars land by Tafelbaai

Vandag 200 jaar gelede, op 17 Maart 1820, het die eerste groep Britse setlaars aan boord die “Nautilus” en “Chapman” in Tafelbaai aangekom. Nagenoeg 470 mense was aan boord dié twee skepe wat op 5 Desember en 9 Desember 1819 uit Engeland vertrek het. Volgens die historici Hermann Giliomee en Bernard Mbenga het die Britse […]

10 Maart 1922 – Rand mynstaking

Die nou byna vergete 1922-mynstaking aan die Rand het in Januarie 1922 uitgebreek, maar op 10 Maart 1922 krisisafmetings aangeneem toe nagenoeg 10 000 wit mynwerkers verskeie polisiekantore, spoorlyne en myngeboue in en om Johannesburg aangeval het. Hermann Giliomee beskryf dit as “’n kleinskaalse burgeroorlog in een van die rykste stede ter wêreld”. Krygswet is […]