Tag Archives: Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare

26 Julie 1915 – De Burger verskyn vir die eerste keer

Nasionale Pers se eerste Afrikaanse koerant – “De Burger” – verskyn vandag 106 jaar gelede, op Maandag 26 Julie 1915, die eerste keer op Kaapstad se strate. ’n Predikant van Graaff-Reinet, dr. D.F. Malan, is as die koerant se eerste redakteur aangestel. Hy was aan die stuur van sake tot met sy uittrede in 1924. […]

16 Mei 1842 – Skrywer Melt Brink gebore

Op 16 Mei 1842 is die skrywer Melt Brink in Kaapstad gebore. Brink het later bekend geword vir sy grapperige versies, stories en toneelstukke. Die taalstryder Jannie de Waal het in die 1890’s opgemerk dat Brink se skryfwerk die publiek laat voel het dat Afrikaans ’n aparte taal is. “Geen Afrikaanse stukke is so dikwels […]

8 Mei 1925 – Afrikaans amptelik as taal erken

Vandag 95 jaar gelede, op 8 Mei 1925, word Afrikaans as ’n amptelike taal erken. Afrikaans is vandag nog die hartstaal van miljoene Suid-Afrikaners. Volgens syfers wat in 2019 deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is oor die tale wat Suid-Afrikaners praat, is onder meer bevind dat nagenoeg 12,2% van alle Suid-Afrikaners Afrikaans tuis praat. Afrikaans is […]