Tag Archives: Oranjerivier

29 Augustus 1848 – Slag van Boomplaats

Op 29 Augustus 1848, vandag 172 jaar gelede, vind die Slag van Boomplaats (tussen Trompsburg, Jagersfontein en Edenburg) tussen die Voortrekkers (onder leiding van Andries Pretorius) en die Britse magte (onder leiding van sir Harry Smith) plaas. Dié slag volg ná die Britte se anneksasie van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier en die […]

17 Augustus 1779 – Oranjerivier word vernoem

Op 17 Augustus 1779, twee jaar ná sy oorspronklike ontdekking van die Grootrivier in die omgewing van Bethulie, kondig die Nederlandse reisiger, dierkundige en plantkundige kapt. Robert Jacob Gordon seremonieel aan dat dié rivier ter ere van prins Willem V van Oranje vernoem sal word en voortaan as die Oranjerivier sal bekendstaan. Gordon was van […]

14 Mei 1796 – Eerste immunisering teen pokke in Brittanje gedoen

Op 14 Mei 1796 word die eerste immunisering teen pokke in Brittanje gedoen. In dié stadium gaan die bevolking aan die Kaap erg gebuk onder dié dodelike siekte. Hoewel die eerste pokke-uitbraak die Kaap reeds in 1713 getref het, was dit een van vele uitbrake wat in die komende dekades sou volg. Voor die ontwikkeling […]