Tag Archives: Paarl

31 Julie 1885 – M.L. de Villiers in die Paarl gebore

Op 31 Julie 1885, vandag 135 jaar gelede, word Marthinus Lourens de Villiers, beter bekend as M.L. de Villiers, in die Paarl gebore. De Villiers het van jongs af ’n uitsonderlike musiektalent getoon en was vroeg reeds ’n bekwame pianis, violis, orrelis en klarinetspeler. De Villiers, die komponis van “Die Stem van Suid-Afrika” (geskryf deur […]

28 Mei 1881 – Daniël Francois Malherbe gebore

Op 28 Mei 1881, vandag 139 jaar gelede, is Daniël Francois Malherbe in Daljosafat, naby die Paarl, gebore. Malherbe het later bekend geword as romanskrywer, digter en dramaturg. Sy pa, P.J. Malherbe, was in 1875 een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners. D.F. se eerste letterkundige werk was die digbundel “Karroo-Blommetjies” wat […]

28 April 1805 – Hugenotekerk ingewy

Op 28 April 1805 – vandag 215 jaar gelede – is die sogenaamde Strooidakkerk oftewel die Hugenote-kerk, die tuiste van die derde oudste gemeente van die NG Kerk, in die Paarl ingewy. Die oorspronklike kerkgebou op dié terrein is in 1718 opgerig, maar was klein en swak gebou en daarom teen die einde van die […]

21 Februarie 1877 – Totius word gebore

Op 21 Februarie 1877 word die digter en vertaler van die Bybel en Psalms in Afrikaans, J.D. du Toit (beter bekend as Totius) in die Paarl gebore. In 1915 het Totius die eerste ontvanger van die Hertzogprys vir letterkunde geword, toe hy dié toekenning vir sy digbundel Trekkerswee ontvang het. Volgens die boek “Dae uit […]