Tag Archives: Paul Kruger

29 Junie 1904 – Paul Kruger se laaste boodskap

Die voormalige president van die ZAR, Paul Kruger, het gedurende die Anglo-Boereoorlog na Europa vertrek en ná die oorlog as banneling daar aangebly. In Mei 1904 gaan woon hy in Clarens, Switserland. Op 29 Junie van daardie jaar stel sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, in opdrag van Kruger dié Boereleier se laaste amptelike boodskap aan […]

26 Junie 1888 – 1ste pasiënt by Pretoria Volkshospitaal opgeneem

Op 26 Junie 1888 word die eerste pasiënt by die Pretoria Volkshospitaal – voorloper van die hedendaagse Steve Biko Hospitaal – opgeneem. Dié oorspronklike hospitaaltjie in Potgieterstraat het nagenoeg ’n dosyn beddens gehad, en in op 21 Junie 1890 het pres. Paul Kruger die hoeksteen van die “nuwe” Volkshospitaal op dieselfde terrein gelê. Dié hospitaal […]

23 Junie 1939 – Ds. Louis Ernst Brandt sterf

Op 23 Junie 1939 sterf ds. Louis Ernst Brandt op 65-jarige ouderdom in Johannesburg. Brandt, ’n gebore Nederlander, het gedurende die Anglo-Boereoorlog, terwyl hy nog in Nederland gewoon het, geheime korrespondensie van Johanna van Warmelo ontvang en aan die verbanne president van die ZAR, Paul Kruger, en sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, besorg. Brandt en […]

Hoeksteen van die Paleis van Justisie word gelê

Die hoeksteen van die Paleis van Justisie op Kerkplein in Pretoria is 123 jaar gelede, op 8 Junie 1897, deur pres. Paul Kruger gelê. Dit is ontwerp deur die staatsargitek Sytze Wierda en is op die voormalige pastorie-erf en ’n gedeelte van die destydse skoolerf opgerig. Bouwerk is eers gedurende die Anglo-Boereoorlog in 1900 voltooi […]

Historiese foto – Gezina Kruger se begrafnis

Paul Kruger, president van die ZAR, het Pretoria op 29 Mei 1900 gedurende die Anglo-Boereoorlog verlaat. Sy vrou, Gezina, se gesondheid was baie swak en sy het nie die hoofstad saam met hom verlaat nie. Sy is nagenoeg ’n jaar ná haar man se vertrek op 20 Julie 1901 in Pretoria oorlede. Sy was 70 […]