sonkragplaas (ook verkorte vorm: sonplaas) s.nw. Groot area waar elektrisiteit opgewek word deur sonpanele. (BRONNE: PharosAanlyn/Woordeboek van Afrikaans Vandag)
Tag Archives: Pharos
koalisie s.nw. saamwerking, vereniging, saamsmelting; verbond tussen twee of meer partye/moondhede teen ’n gemeenskaplike teenstander/vyand. Oorsprong: Latyn co saam + alescere groei (BRONNE: PharosAanlyn; HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe)
koningmaker s.nw. Figuurlik: man/vrou agter die skerms; toutjiestrekker. ’n Persoon wat ander mense beïnvloed om sy voorkeurkandidaat tot ’n sekere belangrike pos/amp in ’n organisasie te verkies. (BRONNE: PharosAanlyn; Cambridge English Dictionary)
platjie s.nw. 1 Speelse, grappige persoon wat allerhande streke op ander uithaal 2 Terggees Oorsprong: Verouderde Nederlands platje (1718): rakker, in gunstige en ongunstige betekenis (’n guitige, skalkse, slim persoon) (BRONNE: PharosAanlyn; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)
plunder ww. roof; besteel; stroop, buit Ook: plunderaar, plundering, plundertog (s.nw.) (BRON: PharosAanlyn)
- 1
- 2