Tag Archives: politiek

16 September 1989 – dr. Rina Venter word 1ste Vroulike Suid-Afrikaanse parlementslid

Op 16 September 1989 word dr. Rina Venter die eerste vroulike Suid-Afrikaanse parlementslid. Sy word as minister van nasionale gesondheid aangestel en dien tot 1994 in dié portefeulje. Gedurende haar termyn stel sy onder meer strenger regulasies in oor die gebruik van tabak en stel sy ’n gedetailleerde plan vir die MIV/Vigs-pandemie op. Venter se […]

15 Augustus 1989 – P.W. Botha bedank as SA president

Vandag 31 jaar gelede, op 15 Augustus 1989, bedank P.W. Botha as president en F.W. de Klerk word as waarnemende president aangewys. Botha het vroeg in 1989 ’n beroerte gehad en daarna as leier van die Nasionale Party bedank. F.W. de Klerk het die nuwe partyleier geword, terwyl Botha intussen as president van die land […]

4 Julie 1845 – Parlementslid en kampvegter vir Afrikaans Jan Hendrik Hofmeyr gebore

Op 4 Julie 1845, vandag 175 jaar gelede, is die parlementslid en kampvegter vir Afrikaans Jan Hendrik (Onze Jan) Hofmeyr in Kaapstad gebore. In “Suid-Afrikaanse heldegalery” word Onze Jan soos volg beskryf: “Vanaf 1878 tot 1909 het hy vir die Afrikanergroep in Kaapland meer dan enige ander leier die rigting aangewys. Hy was partyleier by […]