Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Enkele polities korrekte woorde en begrippe: alternatiewe liggaamsbeeld: anders geboude anders begaaf: dom ekonomiese onderpresteerder: arm persoon kronologies begaaf: oud regstellende inkopies: winkeldiefstal (BRON: “Polities korrekte woordelys”, Kwinksinnig – Johan Combrink en Piet Grobler)