Op 28 November 1916 – vandag 104 jaar gelede – sterf die laaste president van die Oranje-Vrystaat, M.T. Steyn in die ouderdom van 59 jaar. Gedeeltes van Steyn se laaste toespraak wat die oggend van sy dood nog aan kongresgangers van die Oranje-Vrouevereniging in Bloemfontein gelewer is, is in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 ingesluit (en hier […]
Tag Archives: pres. M.T. Steyn
Die sogenaamde “Engel uit die vreemde” – die Britse kampvegter vir die saak van Boerevroue- en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog – Emily Hobhouse, is op 8 Junie 1926 in Engeland oorlede. ’n Roudiens is op 27 Oktober daardie jaar vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein vir haar gehou. Die diens is deur ds. […]
Deur Ilze Nieuwoudt Aan die einde van die Anglo-Boereoorlog in 1902 is uitvoerige vredesonderhandelinge gevoer. Amnestiebepalings is ooreengekom en vrede is op 31 Mei gesluit. Terwyl sommige verbitterd gelaat is deur die republieke se verlies aan onafhanklikheid, het ander ’n sug van verligting geslaak – want die bittere oorlog het oplaas tot ’n einde gekom. […]
Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]
Genl. Christiaan de Wet is vandag 166 jaar gelede, op 7 Oktober 1854, op die plaas Leeuwkop in die Smithfield-distrik gebore. Hy is op 19-jarige ouderdom met Cornelia Kruger getroud – ’n huwelik waaruit 16 kinders gebore is. De Wet het aan die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) deelgeneem, maar word veral onthou vir sy deelname aan […]
- 1
- 2