Op 17 September 1819, vandag 201 jaar gelede, is M.W. (Marthinus Wessel) Pretorius, eerste president van die ZAR en seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het as jong man sy ouers op die trek na Natal vergesel en later ook na Transvaal getrek. As die eerste president van die ZAR […]
Tag Archives: president
Op 14 Julie – in 1888 en 1904 – sterf twee prominente leiers van die Boererepublieke. Eers die vierde president van die Vrystaat, Jan Brand (64), en 16 jaar later die president van die ZAR, Paul Kruger (78), as banneling in Switserland. Lees hier meer oor Brand, die man wat gesê het alles sal regkom, […]
Op 21 April 1881 sterf Jacobus Nicolaas Boshoff (73), die tweede president van die Vrystaat, in die Pietermaritzburg-distrik. Boshoff is in 1855 verkies as president. (Gedurende sy ampstermyn het hy die spelling van sy van aangepas om met slegs een “f” geskryf te word. Dit is sedertdien so behou deur sy nageslag.) Volgens “Afrikaanse kultuuralmanak” […]
Thomas Francois Burgers, staatspresident (1872-1877) van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), is vandag 186 jaar gelede, op 15 April 1834, op Langfontein buite Graaff-Reinet gebore. Burgers het op 19-jarige ouderdom aan die Universiteit van Utrecht in Nederland met sy teologiese studies begin en vyf jaar later, in 1858, na Suid-Afrika teruggekeer. Kort daarna tree hy in […]
Petrus Jacobus (Piet) Joubert is vandag 189 jaar gelede op 20 Januarie 1831 in die Kaapkolonie, buite die teenswoordige Oudtshoorn, gebore. In 1837 trek die Joubert-gesin saam met die trek van Piet Retief weg uit die Kaap en gaan woon in Transvaal. Joubert was in sy leeftyd onder meer ’n suksesvolle boer, handelaar en stigter […]