Tag Archives: Pretoria

FOTO VAN DIE WEEK – Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881

Hierdie week se FOTO VAN DIE WEEK kom uit: Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 ’n Blik oor Pretoria tydens die Eerste Vryheidsoorlog met die Britse militêre kamp gemerk as A, Fort Commeline as B en Loretohuis, bekend as die Klooster, gemerk as C. Lees verder in Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is beskikbaar by Kraal Uitgewers hier.

FOTO VAN DIE WEEK – Donkerhoek, 11-12 Junie 1900

Hierdie FOTO VAN DIE WEEK kom uit: Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog   Op Dinsdag 5 Junie 1900 het Roberts ook Pretoria, die hoofstad van die ZAR, met ’n mag van 25 500 man ingeneem.   Net soos in die Vrystaat het die verowering van die stad nie die ZAR-mag se vermoë […]

22 Desember 1880 – Begin van beleg van Pretoria

Op 22 Desember 1880 begin die beleg van Pretoria tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Volgens dr. Jackie Grobler, historikus en skrywer van Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 het owerhede in dié stad ’n beleëring daarvan deur die Boere verwag. Die stad is daarom reeds op 21 Desember ontruim. Grobler skryf: “Die besluit om Pretoria te ontruim is […]

24 November 1880 – kol. William Bellairs gee opdrag vir waak teen Boere aanvalle

Op 24 November 1880 gee kol. William Bellairs, bevelvoerder van die Britse troepe in Transvaal, opdrag dat daar teen verrassingsaanvalle deur die Boere gewaak moet word. In Pretoria is voorbereidings vir oorlog getref en kanonne moes op geskikte posisies geplaas word om die dorp en die militêre kamp in Pretoria te beskerm. Dr. Jackie Grobler […]

16 November 1855 – SA se admin hoofstad Pretoria gestig

Pretoria verjaar! Die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria, is vandag 165 jaar gelede, op 16 November 1855 gestig. Dié dorp is na Andries Pretorius vernoem en daar is op die ligging daarvan besluit aangesien Potchefstroom en Lichtenburg nie as sentraal genoeg vir die ZAR se Volksraadsvergaderings beskou is nie. Die gebied waar Pretoria vandag staan […]