Tag Archives: prosa

Skrywersaanhaling van die week – 1 Junie 2020

“Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind. Dit vorm ’n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika en wat daar aan hulle vereniging kan ontspruit – dit is miskien wat vir Afrikaans voorlê om ontdek te word. Ons taak lê in die gebruik wat ons maak en sal maak […]

27 Mei 1914 – SAAWK stel Hertzogprys in

Op 27 Mei 1914 stel die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Hertzogprys in. Dit is die volgende jaar vir die eerste keer toegeken en die digter Totius ontvang dié prys vir sy digbundel “Trekkerswee”. Die Hertzogprys vir letterkunde word as die prestigeprys vir Afrikaanse skryfwerk beskou en is die grootste eer wat ’n […]

26 Februarie 1915 – Digter Elisabeth Eybers gebore

Die geliefde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers is vandag 105 jaar gelede, op 26 Februarie 1915, in Klerksdorp gebore, maar het op Schweizer-Reneke grootgeword. Sy het ná skool aan die Normaalkollege en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg studeer en behaal in 1936 haar honneursgraad in Afrikaans waarna sy as joernalis werksaam was. In 1943 […]