Tag Archives: Rebellie

30 Januarie 1915 – Rebellieleiers vergader oor voorwaardes van hul oorgawe

Op 30 Januarie 1915 vergader die twee rebellieleiers Jan Kemp en Manie Maritz tussen Christiana en Upington met Jaap van Deventer van die Unieverdedigingsmagte oor die voorwaardes van hul oorgawe. Die Rebellie het misluk en daardie nag onderteken Kemp en Maritz die ooreenkoms voordat hulle die volgende dag na hul kommando’s terugkeer. Die formele oorgawe […]

26 Januarie 1914 – Weerstand van Rebellemagte verkrummel

Teen 26 Januarie 1914 het die weerstand van die Rebellemagte so te sê geheel en al verkrummel. Twee dae vantevore (24 Januarie 1914) het die rebelleleier genl. Manie Maritz aan genl. Jaap van Deventer van die Unieverdedigingsmagte geskryf en erken dat hy self reken dat die tyd ryp geword het om ’n einde aan die […]

12 Januarie 1915 – Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig

Op 12 Januarie 1915 word ’n Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig. Hieroor skryf Marthinus van Bart in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 soos volg: “Ook in die suidelike distrikte van Transvaal rondom Lichtenburg, setel van wyle generaal Koos de la Rey, is aansienlike skade deur die Rebellie veroorsaak, en ook daar is groot eise teen Rebelle ingestel. Op […]

16 Desember 1914 – Jopie Fourie inhegtenis geneem

Op 16 Desember 1914, vandag 106 jaar gelede, word Jopie Fourie en sy broer Hannes tydens die Afrikaner-rebellie van 1914 (toe ’n groep Suid-Afrikaners teen die Botha-regering in opstand gekom het in reaksie op die regering se besluit om tot die oorlog teen Duitsland toe te tree en Duits-Suidwes-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog binne te […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 19 November 1914

Teen 19 November 1914 draai die gety nog sterker teen Christiaan de Wet en sy Rebelle se pogings om die Unieverdedigingsmagte gedurende die 1914-Rebellie te vermy. Die historikus dr. Jackie Grobler skryf soos volg oor dié dag in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “De Wet bevind hom by die samevloeiing van die Vet- en Sandrivier. Hy besef […]