Deur Ilze Nieuwoudt ’n Bielie van ’n kanon met ’n loop van oor die vier meter het gedurende die Anglo-Boereoorlog die Britte laat sidder en behoorlik op hul neuse laat kyk. Die Long Tom, soos hierdie 155 mm-Creusot-kanonne bekendgestaan het, het sy plek dubbel en dwars in die geskiedenisboeke oor dié oorlog verdien. Die Long […]