Tag Archives: Rustenburg

11 November 1880: Wa-insident vind plaas

Kort vóór die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog het ’n belastinggeskil in November 1880 die Boere en Britte tot op die rand van ’n konflik gebring. Transvaal was in daardie stadium in Britse hande nadat die republiek in 1877 geannekseer is en gemoedere het hoog geloop. Dr. Jackie Grobler skryf in sy boek Die Eerste […]

4 November 1810 – Louis Trichardt trou Martha Bouwer

Op 4 November 1810, vandag 210 jaar gelede, tree die latere Voortrekkerleier Lodewikus Tregart (beter bekend as Louis Tregart oftewel Trichardt) op 27-jarige ouderdom op Graaff-Reinet in die huwelik met Martha Elizabeth Susanna Bouwer wat 12 jaar jonger as hy was. In die inleiding tot sy dagboek, soos gepubliseer in 1938 met inleiding en aantekeninge […]

24 Junie 1896 – Lutherse kerk op Kroondal ingewy

Op 24 Junie 1896 is die Lutherse kerk op Kroondal, buite Rustenburg, ingewy. Dié historiese gebou is in 1979 gerestoureer en die volgende jaar tot ’n nasionale monument verklaar. Die Duitster Karl Heyne was die argitek en bou-opsigter. ’n Nuwe kerkgebou is jare later opgerig en in gebruik geneem. Die geskiedenis van dié Duitse gemeenskap […]

16 Januarie 1901 – Slag van Silkaatsnek

Hierdie skets van Silkaatsnek is op 16 Januarie 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog deur ’n Britse soldaat ene Erskine gemaak en verskyn in Kraal Uitgewers se boek “Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902”. Die Slag van Silkaatsnek het enkele maande vantevore, op 11 Julie 1900, hier plaasgevind. Generaal J.H. de la Rey het op 9 Julie […]