Tag Archives: Sammy Marks

Rebellie van 1914 – Dagboek: 15 Augustus 1914

Op Saterdag 15 Augustus 1914 vind genl. Koos de la Rey se verwagte Treurfontein-vergadering plaas. Sy vriend Sammy Marks het hom hierheen vergesel. ’n Paar honderd burgers kom hier byeen – volgens sommige bronne 800 – waarvan skynbaar net een gewapend opgedaag het. De la Rey praat tot die teleurstelling van heelwat van die teenwoordiges […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 13 Augustus 1914

Op 13 Augustus 1914 – kort nadat die Suid-Afrikaanse Unieregering ingestem het om Brittanje by te staan in die Eerste Wêreldoorlog – vertrek genl. Koos de la Rey na Pretoria vir samesprekings met genls. Jan Smuts, Louis Botha, Schalk Burger en die minister van justisie, N.J. de Wet. Hulle wil De la Rey oortuig om […]

14 Junie 1897 – Joodse diamantmagnaat Barney Barnato pleeg selfmoord

Op 14 Junie 1897 pleeg die Joodse diamantmagnaat Barney Barnato selfmoord toe hy naby Madeira oorboord spring van die “Scot”. Barnato en sy gesin was vanaf Kaapstad onderweg na Southampton. Hy was 44 jaar oud. Barnato is gebore as Barnett Isaacs, maar het sy naam verander terwyl hy as komediant gewerk het. Hy het in […]

18 Februarie 1920 – Sammy Marks sterf

Op 18 Februarie 1920 sterf die suksesvolle Joodse sakeman Samuel Marks (beter bekend as Sammy) in Johannesburg. Sammy is in 1844 in Litaue (in die noordooste van Europa) gebore, maar het reeds as 18-jarige na Engeland geëmigreer, waarna hy in 1868 na Kimberley getrek het. Hier het Sammy se vernuf as entrepreneur na vore gekom. […]