Tag Archives: Schweizer-Reneke

Rebellie van 1914 – Dagboek: 3 November 1914

Op 3 November 1914 neem Christiaan de Wet en sy Rebelle die Vrystaatse dorp Lindley in. Sommige van die opstandelinge maak hulself blatant aan plundering van winkels skuldig. Op dieselfde dag beset Jan Kemp en sy perdekommando – wat uit 610 man bestaan – Schweizer-Reneke vir ’n paar uur lank. Hulle kommandeer perde, muile en proviant […]

26 Februarie 1915 – Digter Elisabeth Eybers gebore

Die geliefde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers is vandag 105 jaar gelede, op 26 Februarie 1915, in Klerksdorp gebore, maar het op Schweizer-Reneke grootgeword. Sy het ná skool aan die Normaalkollege en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg studeer en behaal in 1936 haar honneursgraad in Afrikaans waarna sy as joernalis werksaam was. In 1943 […]