Tag Archives: Sir Harry Smith

27 November 1798 – Voortrekker Andries Pretorius gebore

Andries Pretorius verjaar! Vandag 222 jaar gelede, op 27 November 1798, is die Voortrekkerleier Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius op die plaas Driekoppen in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Pretorius word beskou as die mees prominente figuur van die Groot-Trek en het sedert sy vertrek uit die Kaapkolonie (as trekleier van sy eie trekgeselskap bestaande uit 68 waens) […]

29 Augustus 1848 – Slag van Boomplaats

Op 29 Augustus 1848, vandag 172 jaar gelede, vind die Slag van Boomplaats (tussen Trompsburg, Jagersfontein en Edenburg) tussen die Voortrekkers (onder leiding van Andries Pretorius) en die Britse magte (onder leiding van sir Harry Smith) plaas. Dié slag volg ná die Britte se anneksasie van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier en die […]

Die Kaap, ’n skip en ’n vrag verstotelinge

Deur Ilze Nieuwoudt Daar word dikwels skertsend na Australië se verlede as bandietekolonie verwys en neerhalend gepraat van die “misdadigers” wat stamvaders van duisende Aussies is. Tog het Australië se geskiedenis eens – in 1850 – paaie met die Kaapkolonie van ouds gekruis en byna ook Suid-Afrika se geskiedenis verander. Ilze Nieuwoudt het gaan ondersoek […]