“Moenie sê: ‘Dit is bokant my vuurmaakplek nie.’ Maak die vuurmaakplek hoër op.” Freda Linde (12 Desember 1915-7 Maart 2013), een van die mees bekroonde Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy vertaal ook kinderboeke in Afrikaans, Frans en Duits. (Bronne: Goedgeluk. Verjaardagalbum saamgestel deur Audrey Blignault en Alba Bouwer; Wikipedia: https://af.wikipedia.org/wiki/Freda_Linde) “Nuuskierigheid, besluit ek, terwyl die […]
Tag Archives: skrywersaanhaling van die week
“Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf.” Petrus Jakobus (Pirow) Bekker (9 Desember 1935 -), Afrikaanse digter; skrywer; literêre kritikus. (Bron: LitNet, […]
“Nu zijn dagwerk is gedaan. Omdat Engeland had gezworen Om te verwen bloedig rood Afrikaanse groene velden. Stierf ook hij de vroegen dood.” – Jan Lion Cachet, by die dood van sy seun, kmdt. Calman Efraim Cachet, in 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog Jan Lion Cachet (29 November 1838-21 September 1912), onderwyser; sendeling; predikant in die […]
“Hoewel ek ook vandag uit die hoogte kan glimlag oor die geesdrif, die dweepsug, die lompheid en sentimentaliteit van daardie bakvissie wat dagboek gehou het, is dit vir my opvallend dat die groot lewens- en kultuurwaardes wat ek toe geleidelik ontdek het, vandag nog vir my vasstaan.” Hettie Smit (21 November 1908-13 September 1973), Afrikaanse […]
“Ek lees om te leer (skryf). En ook omdat ek nie anders kan nie – ek is verlief op letters.” Christine Barkhuizen le Roux (18 November 1959 – ), veelsydige Afrikaanse digter en skrywer (kortverhale en romans); vertaler. (Bron: LitNet, 2019-02-14) “Poësie – enige kunsvorm – is relevant wanneer dit die verwondering en vrese van […]