Tag Archives: skrywersaanhaling van die week

Skrywersaanhaling van die week – 24 Augustus 2020

“Ek wil graag na die plek gaan waar mense wat in boekwinkels werk, gekloon word. Dit kan tog net van die wêreld ’n beter plek maak. Nes wat boeke doen.” Emile Joubert (27 Augustus 1963 – ), bemarkings- en mediakonsultant in die wynbedryf; skrywer; joernalis. (Bron: Netwerk24, 26-03-2020) “Want vir my is skryf nie maar […]

Skrywersaanhaling van die week – 17 Augustus 2020

“… dis tog waarom ons lees; dat papiermense vir ons lewendig word en hulle probleme aanklank vind by ons s’n.” “Ons Suid-Afrikaners is van die mees dinamiese, interessante volke ter wêreld wat nog die mas gaan opkom én die effens wankelrige wa deur die drif trek. Danksy die mense, nié die politici nie.” Eleanor Baker […]

Skrywersaanhaling van die week – 10 Augustus 2020

“Om in die alledaagse gesloer of in die koue van jou angs bewus te word van God se teenwoordigheid en van sy handpalm op jou, dit is egte gebed.” Ferdinand Deist (9 Augustus 1944-12 Julie 1997), teoloog; akademikus; gesogte spreker; skrywer van verskeie teologiese werke, rubrieke, kinderboeke en gewilde kontreiverhale, veral oor die Sandveld. (Bronne: […]

Skrywersaanhaling van die week – 3 Augustus 2020

“Daar ís Afrikaanstaliges, wit en bruin, wat hulle losmaak van die taal en besluit om hul kinders Engels te maak en op te voed. Wat nodig is, is nie die losmaak van Afrikaans van sekere groepe of hul identiteit nie, maar eerder ‘n hegter vasbind van Afrikaans aan alle groepe.” J.C. (Jaap) Steyn (31 Julie […]

Skrywersaanhaling van die week – 27 Julie 2020

“Resensente doen van die verantwoordelikste werk (kom ons neem aan hulle doen hul werk goed) in die letterkunde. Benewens die broodnodige kontekstualisering en inweef in ʼn groter letterkunde, het resensente ook die geleentheid om (subtiel) te waarsku, te por, te twyfel en soms gewoon te jubel. Nie te ontmoedig nie, maar, soos [André P.] Brink, […]