Tag Archives: Slag van Bloedrivier

21 Desember 1838 – Andries Pretorius bereik kwaMatiwane

Op 21 Desember 1838, vier dae ná die Slag van Bloedrivier, bereik Andries Pretorius en sy Wenkommando kwaMatiwane by uMgungundlovu (hoofstat van die Zoeloes). Hulle het die vorige dag reeds rookwolke bo die stat sien hang nadat die Zoeloes dit aan die brand gesteek het voordat hulle gevlug het. Op die 22ste klim Pretorius-hulle kwaMatiwane […]

27 November 1798 – Voortrekker Andries Pretorius gebore

Andries Pretorius verjaar! Vandag 222 jaar gelede, op 27 November 1798, is die Voortrekkerleier Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius op die plaas Driekoppen in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Pretorius word beskou as die mees prominente figuur van die Groot-Trek en het sedert sy vertrek uit die Kaapkolonie (as trekleier van sy eie trekgeselskap bestaande uit 68 waens) […]

6 Oktober 1887 – Voortrekkeronderwyser en -sekretaris Jan Gerritze Bantjes sterf

Op 6 Oktober 1887 sterf die Voortrekkeronderwyser en -sekretaris Jan Gerritze Bantjes op Potchefstroom in die ouderdom van 70 jaar. Jan Bantjies het tydens en ná die Groot Trek ’n noemenswaardige rol in die opvoeding van jong Voortrekkers gespeel. Pres. M.W. Pretorius én pres. Paul Kruger het as jongelinge by Bantjes onderrig ontvang. Bantjies het […]

23 Julie 1853 – Voortrekkerleier Andries Pretorius sterf

Op 23 Julie 1853 sterf die Voortrekkerleier Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius. Pretorius is op 27 November 1798 in Graaff-Reinet gebore, maar verlaat aan die einde van Oktober 1838 sy plaas Letskraal in die Voor-Seeuberg-omgewing buite Graaff-Reinet om die laaste groot groep Voortrekkers uit die Kaapkolonie te lei. Voor sy vertrek uit die Kolonie het Pretorius […]