Tag Archives: Slag van Vegkop

19 Desember 1792 – Voortrekkerleier Andries Potgieter gebore

Die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter is vandag 228 jaar gelede, op 19 Desember 1792, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het die Kaapkolonie met ’n trekgeselskap, wat oorspronklik hoofsaaklik uit familielede bestaan het, teen die einde van 1835 verlaat. Hulle het die Sandrivier teen die middel van 1836 bereik en daarvandaan tot by die Soutpansberg getrek […]

10 Oktober – Krugerdag: Tien vinnige (én vreemde) feite oor Paul Kruger

Die skets van Paul Kruger het op 8 Maart 1900 in Vanity Fair onder die afdeling “Men of the day” verskyn. Stephanus Johannes Paulus (Paul) Kruger (10 Oktober 1825-14 Julie 1904) is ongetwyfeld een van die grootste name in Afrikanergeskiedenis. Maar wie was hierdie man werklik? Kraal Uitgewers het ter viering van Krugerdag – 10 […]

7 September 1801 – Voortrekkerleier Sarel Arnoldus Cilliers gebore

Op 7 September 1801, vandag 219 jaar gelede, is die godsdienstige leier van die Voortrekkers Sarel Arnoldus Cilliers op die plaas Schoongezicht in die Klein Drakenstein-distrik gebore. Hy woon saam met sy ouers later in die Graaff-Reinet- en Nieu-Bethesda-distrikte voordat hulle later in die Nuwe Hantam vestig. Op 34-jarige ouderdom sluit Cilliers by die Potgieter-trek aan […]