Tag Archives: Soutpansberg

19 Desember 1792 – Voortrekkerleier Andries Potgieter gebore

Die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter is vandag 228 jaar gelede, op 19 Desember 1792, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het die Kaapkolonie met ’n trekgeselskap, wat oorspronklik hoofsaaklik uit familielede bestaan het, teen die einde van 1835 verlaat. Hulle het die Sandrivier teen die middel van 1836 bereik en daarvandaan tot by die Soutpansberg getrek […]

3 September 1811 – Seun van die Voortrekkerleier Louis Tregardt op Boschberg gebore

Op 3 September 1811, vandag 209 jaar gelede, is Carolus Johannes Tregardt (ook gespel Trichardt), seun van die Voortrekkerleier Louis Tregardt, op Boschberg, tans Somerset-Oos, gebore. Carolus het die Groot Trek saam met sy pa onderneem. Carolus het gedurende die Groot Trek as wamaker en ambagsman gewerk en was onder meer in 1836 deel van […]