variant s.nw. Organisme wat deur verskil in eienskappe sterk afwyk van die gemiddelde tipe. variantland s.nw. Land waarin ’n gevaarlike variant van ’n virus in omloop is. Oorsprong: Latyn variare verander (BRONNE: PharosAanlyn: Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe en Woordeboek van Afrikaans Vandag)
Tag Archives: Spioen
klandestien b.nw. en bw. Heimlik, verbode; iets wat in die geheim, dikwels onwettig of ongeoorloof, gedoen word (byvoorbeeld klandestiene verkoop van drank, diamante; ’n klandestiene ontmoeting met iemand). Oorsprong: Frans clandestin; Latyn clandestinus: geheim. (BRONNE: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)
Wanneer daar oor spioene gepraat word, dink ’n mens onwillekeurig aan die Hollywood-weergawe van spioene waarin manne soos James Bond op sy charismatiese manier te werk gaan; skote wat heen en weer klap en die held wat die een na die ander waaghalsige truuk uit die mou pluk. Dit is dikwels ver verwyderd van die […]
deur Ilze Nieuwoudt Min dinge fassineer die menslike psige soveel soos ’n geheim – en wanneer dié geheim boonop ’n Suid-Afrikaanse konneksie met die Anglo-Boereoorlog het, spits geskiedenisliefhebbers met rede dadelik die ore. Een van die kleurrykste én mees omstrede figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is waarskynlik Fritz Joubert Duquesne. Lotsgebonde: Die verhaal van Fritz […]