Tag Archives: Spioenmeesters

Woord van die week – 22 November 2021: Klandestien

klandestien b.nw. en bw. Heimlik, verbode; iets wat in die geheim, dikwels onwettig of ongeoorloof, gedoen word (byvoorbeeld klandestiene verkoop van drank, diamante; ’n klandestiene ontmoeting met iemand). Oorsprong: Frans clandestin; Latyn clandestinus: geheim. (BRONNE: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)  

Ontdek dié gebeure in Spioenmeesters

Wanneer daar oor spioene gepraat word, dink ’n mens onwillekeurig aan die Hollywood-weergawe van spioene waarin manne soos James Bond op sy charismatiese manier te werk gaan; skote wat heen en weer klap en die held wat die een na die ander waaghalsige truuk uit die mou pluk. Dit is dikwels ver verwyderd van die […]