Tag Archives: spoorlyn

17 Desember 1890 – Spoorlyn tussen Kaapstad en Bloemfontein oopgestel

Vandag 130 jaar gelede, op 17 Desember 1890, word die spoorlyn tussen Kaapstad en Bloemfontein vir die eerste keer oopgestel. Hieroor skryf prof. M.J. Swart in die Afrikaanse Kultuuralmanak: “’n Roete oor die Vrystaatse gebied het natuurlik vir mede-Afrikaners voordeel ingehou, maar was nog altyd ’n Brits-Kaapse spoorlyn. In 1887 het [Paul] Kruger en pres. […]

1 Oktober 1903 – Eerste ernstige motorongeluk vind in SA plaas

Op 1 Oktober 1903 vind die eerste ernstige motorongeluk in Suid-Afrika plaas. Drie mense is in die ongeluk beseer wat op die spoorlyn in Maitland, Kaapstad, plaasgevind het. Dié ongeluk het nagenoeg sewe jaar ná die koms van die eerste motor na Suid-Afrika plaasgevind. Dié motor, ’n sogenaamde “horseless carriage” – ’n Benz Velo – […]

2 Junie 1887 – Delagoabaai-spoorlyn konstruksie begin

Op 2 Junie 1887 word met die konstruksie van die Delagoabaai-spoorlyn begin en word sewe jaar later, op 20 Oktober 1894, voltooi. Dit is amptelik op 1 Januarie 1895 ingewy. Die regering van die ZAR het jare lank reeds gehoop om ’n spoorlyn na die hawestad by Delagoabaai te bou en sodoende dié Boererepubliek met […]