Tag Archives: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Spreekwoord van die week – 22 Maart 2021: Moenie vuil water weggooi voor jy skones het nie

Moenie vuil water weggooi voor jy skones het nie Moenie iets wegmaak voordat jy iets anders in die plek daarvan het nie. (BRONNE: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)

Spreekwoord van die week – 15 Maart 2021: Die Parnassos bestyg

Die Parnassos/Parnassus bestyg. Digter word. (Parnassos is ’n berg in Griekeland wat in die Griekse mitologie die heiligdom van die god Apollo was. Ook bekend as die woonplek van digters, die digkuns.) (BRONNE: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)

Spreekwoord van die week – 8 Maart 2021: Hy het nie ’n bang haar op sy kop nie

Hy het nie ’n bang haar op sy kop nie. Hy het baie moed. (BRON: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)