(Met) oop kaarte speel. Eerlik met iets uitkom. (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
Tag Archives: spreekwoorde
Hy ry met die baard op die skouer. Hy ry baie vinnig. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)
Skouer aan/teen die wiel sit. Alle kragte inspan; hard werk. (’n Afrikaanse wysiging van die Nederlandse de hand aan het wiel leggen; waarskynlik is die beeld versterk gedagtig aan die Voortrekkers wat letterlik skouer aan die wiel moes sit om deur moeilike driwwe en oor hoë bulte te kom.) (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan […]
Hy het regte see-bene. Hy loop soos ’n matroos. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)
Moenie met vuur speel nie. Moenie roekeloos raak en gevaarlike dinge aanpak nie. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)