Tag Archives: St. Helena

Historiese foto – Krysgevanges op St. Helena

Jong krygsgevangenes in die Deadwood-kamp op St. Helena met ’n miniatuur kanon en ammunisiewaentjie wat uit hout verwaardig is deur die gevangenes. (Bron: Het Geheugen)

14 April 1900 – Boere-krygsgevangenes land op St. Helena

Op 14 April 1900 – vandag 120 jaar gelede – het die eerste Boere-krygsgevangenes aan boord die skip “Milwaukee” op St. Helena aangekom. St. Helena was die eerste buitelandse bestemming vir Boere-gevangenes van die Anglo-Boereoorlog. Twee kampe is op dié eiland in die Atlantiese Oseaan ingerig, naamlik die Deadwoodkamp, waar die Transvalers gehuisves is, en […]