Tag Archives: Stellenbosch

15 Oktober 1686 – Eerste woonerwe in Stellenbosch uitgemeet

Op 15 Oktober 1686 – vandag 334 jaar gelede – word die eerste woonerwe in Stellenbosch onder die wakende oog van Simon van der Stel uitgemeet. Van der Stel het reeds in 1679, tydens sy eerste inspeksietoer na die buiteposte van die verversingstasie, die gebied besoek. Hy was in verwondering oor die omgewing en het […]

13 Oktober 1879 – Eerste president van die Vrystaat sterf

Vandag 141 jaar gelede, op 13 Oktober 1879, sterf die eerste president van die Vrystaat, Josias Hoffman, in die ouderdom van 71 jaar op sy plaas naby Wepener. Hoffman is op Stellenbosch gebore en vestig hom in 1840 in die Transgariep. Die historikus H.O. Terblanche skryf soos volg oor Hoffman in Afrikaanse kultuuralmanak: “In 1848 […]

23 September 1869 – Genl. Christiaan Frederik Beyers gebore

Genl. Christiaan Frederik Beyers is vandag 151 jaar gelede, in 1869, op Banhoek buite Stellenbosch gebore. Hy kom as 20-jarige in die ZAR aan en praktiseer later as prokureur in Boksburg. Hy is in 1896 met Mathilda König getroud en hoewel hy nog nie ’n burger van die Boererepubliek was nie, neem hy die wapen […]

22 Junie 1901- Afrikaanse skrywer Eitemal gebore

Op 22 Junie 1901, vandag 119 jaar gelede, is die Afrikaanse skrywer Willem Jacobus du Plooy Erlank, ook bekend as Eitemal, op Wolmaransstad gebore. Hy is veral bekend as die skrywer van ’n gedig wat verwerk is tot “Lied van jong Suid-Afrika”. Gedurende sy loopbaan het Erlank as onderwyser, hoogleraar in Nederlandse letterkunde by Stellenbosch, […]

2 Maart 1866 – Stellenbosch Gym open

Die jaar 1918 word deur sommige as die werklike begin van die hedendaagse Stellenbosch Universiteit geag. Ander reken egter dat dié universiteit se ontstaan na 1866 teruggetrek kan word. Aanhangers van dié mening kan dus vandag dié universiteit se 154ste verjaardag vier. Op 2 Maart 1866 het die Stellenbosse Gymnasium (die voorloper van die hedendaagse […]