Tag Archives: Suid-Afrikaanse Heldegalery

30 Oktober 1937 – Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan) de Waal sterf

In Suid-Afrikaanse heldegalery word Onze Jan soos volg beskryf:   “Vanaf 1878 tot 1909 het hy vir die Afrikanergroep in Kaapland meer dan enige ander leier die rigting aangewys. Hy was partyleier by uitnemendheid … As joernalis en koeranteienaar het hy sy weg reeds op betreklik jeugdige ouderdom gebaan tot ’n selfstandige posisie in die samelewing […]

7 September 1801 – Voortrekkerleier Sarel Arnoldus Cilliers gebore

Op 7 September 1801, vandag 219 jaar gelede, is die godsdienstige leier van die Voortrekkers Sarel Arnoldus Cilliers op die plaas Schoongezicht in die Klein Drakenstein-distrik gebore. Hy woon saam met sy ouers later in die Graaff-Reinet- en Nieu-Bethesda-distrikte voordat hulle later in die Nuwe Hantam vestig. Op 34-jarige ouderdom sluit Cilliers by die Potgieter-trek aan […]

10 Julie 1797 – Voortrekkerleier Petrus Lafras Uys gebore

Op 10 Julie 1797, vandag 223 jaar gelede, is die Voortrekkerleier Petrus Lafras Uys op Potberg, Swellendam, gebore. Piet is saam met sy seun Dirkie (Dirk Cornelis) in April 1838 dood tydens ’n geveg teen die Zoeloe’s by Italeni. Hy het skaars ’n jaar tevore, in April 1837, as die leier van sy trekgeselskap uit […]

10 Junie 1872 – Boeregeneraal Kemp gebore

Vandag 148 jaar gelede, op 10 Junie 1872, word Jan Christoffel Greyling Kemp, die latere Volksraadslid, Boeregeneraal en tydelike minister van verdediging in die Amersfoort-distrik gebore. Kemp het sy eerste militêre ondervinding opgedoen toe hy as luitenant van die Krugersdorp-vrywilligerkorps deelgeneem het aan die ekspedisie teen Jameson tydens dié se inval in 1895-1896. Met die […]