Tag Archives: Sunnyside

Rebellie van 1914 – Dagboek: 15 September 1914

Op 15 September 1914 dien Christiaan Beyers sy bedanking as kommandant-generaal van die Unieverdedigingsmag in by Jan Smuts omdat hy nie met die besluit om Duitswes-Afrika aan te val, kan saamleef nie. Jan Kemp trek ook op hierdie dag sy bedanking terug, maar dit word verwerp. Beyers stuur sy motorbestuurder en sy vrou, Mathilde, om […]

26 Junie 1888 – 1ste pasiënt by Pretoria Volkshospitaal opgeneem

Op 26 Junie 1888 word die eerste pasiënt by die Pretoria Volkshospitaal – voorloper van die hedendaagse Steve Biko Hospitaal – opgeneem. Dié oorspronklike hospitaaltjie in Potgieterstraat het nagenoeg ’n dosyn beddens gehad, en in op 21 Junie 1890 het pres. Paul Kruger die hoeksteen van die “nuwe” Volkshospitaal op dieselfde terrein gelê. Dié hospitaal […]

23 Junie 1939 – Ds. Louis Ernst Brandt sterf

Op 23 Junie 1939 sterf ds. Louis Ernst Brandt op 65-jarige ouderdom in Johannesburg. Brandt, ’n gebore Nederlander, het gedurende die Anglo-Boereoorlog, terwyl hy nog in Nederland gewoon het, geheime korrespondensie van Johanna van Warmelo ontvang en aan die verbanne president van die ZAR, Paul Kruger, en sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, besorg. Brandt en […]

4 Junie 1900 – Jan Smuts onttrek ZAR se fondse

Vandag 120 jaar gelede, op 4 Junie 1900, slaag die staatsprokureur van die ZAR, Jan Smuts, uiteindelik daarin om – deur middel van ’n lasbrief vir inhegtenisname – die direkteure van die Nasionale Bank in Pretoria te oortuig om die kontant en goud ter waarde van sowat £500 000 van die ZAR aan hom te […]