Tag Archives: taalhistorikus

Historiese foto – Nederlandse emigrante na SA

Op 28 Oktober 1950 het nagenoeg 800 Nederlandse emigrante aan boord “De Zuiderkruis” na Suid-Afrika vertrek. Voor hul vertrek het kol. P.I. Hoogenhout, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, in ’n toespraak aan die emigrante verklaar: “Ek weet dat dit nie vir julle maklik is om Nederland te verlaat nie. Die oorbevolking in Nederland skep toenemende probleme. […]

4 Julie 1845 – Parlementslid en kampvegter vir Afrikaans Jan Hendrik Hofmeyr gebore

Op 4 Julie 1845, vandag 175 jaar gelede, is die parlementslid en kampvegter vir Afrikaans Jan Hendrik (Onze Jan) Hofmeyr in Kaapstad gebore. In “Suid-Afrikaanse heldegalery” word Onze Jan soos volg beskryf: “Vanaf 1878 tot 1909 het hy vir die Afrikanergroep in Kaapland meer dan enige ander leier die rigting aangewys. Hy was partyleier by […]