Tag Archives: Transvaal

17 September 1819 – M.W. Pretorius in Graaff-Reinet-distrik gebore

Op 17 September 1819, vandag 201 jaar gelede, is M.W. (Marthinus Wessel) Pretorius, eerste president van die ZAR en seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het as jong man sy ouers op die trek na Natal vergesel en later ook na Transvaal getrek. As die eerste president van die ZAR […]

14 September 1862 – Jacobus du Toit deur Transvaalse burgers geskiet en gewond

Vandag 152 jaar gelede, op Sondag 14 September 1862, word Jacobus du Toit, seun van Pretoria se eerste magistraat, Andries du Toit, deur Transvaalse burgers geskiet en gewond. Dié voorval het plaasgevind in ’n tyd van onenigheid in die ZAR, waar Stephanus Schoeman na bewering ’n faksie teen die toenmalige president, M.W. Pretorius, gelei het. Ten […]

Erfenismaandfokus – Gouddelwery amptelik aan die Witwatersrand toegelaat

Op 8 September 1886, vandag 134 jaar gelede, word gouddelwery amptelik aan die Witwatersrand toegelaat en duisende fortuinsoekers haas hulle daarheen in die hoop om ’n stukkie van Afrika se goud vir hulself te kry. Hoewel daar in die nagenoeg 30 jaar voor 1886 verskeie gouddraende klippe noord van die Witwatersrand gevind is, was die […]

14 Julie 1888 – Twee prominente leiers van Boererepublieke sterf

Op 14 Julie – in 1888 en 1904 – sterf twee prominente leiers van die Boererepublieke. Eers die vierde president van die Vrystaat, Jan Brand (64), en 16 jaar later die president van die ZAR, Paul Kruger (78), as banneling in Switserland. Lees hier meer oor Brand, die man wat gesê het alles sal regkom, […]

2 Julie 1988 – Motorbom ontplof na rugbywedstryd op Ellispark

Twee mans is dood en meer as 30 ander mense beseer toe ’n motorbom op 2 Julie 1988, (vandag 32 jaar gelede) ná ’n rugbywedstryd op die Ellispark-stadion in Johannesburg ontplof het. ’n Vlaag bomontploffings het in dié tyd plaasgevind. Die Ellispark-bom was die vierde binne slegs twee dae in Pretoria en Johannesburg. In ’n […]