Tag Archives: Treurfontein

Rebellie van 1914 – Dagboek: 13 Augustus 1914

Op 13 Augustus 1914 – kort nadat die Suid-Afrikaanse Unieregering ingestem het om Brittanje by te staan in die Eerste Wêreldoorlog – vertrek genl. Koos de la Rey na Pretoria vir samesprekings met genls. Jan Smuts, Louis Botha, Schalk Burger en die minister van justisie, N.J. de Wet. Hulle wil De la Rey oortuig om […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Augustus 1914

Jan Smuts versoek op 12 Augustus 1914 dat Koos de la Rey hom en Louis Botha die volgende dag in Pretoria moet gaan spreek. Genl. Christiaan Beyers stuur ook op dié dag ’n telegram aan De la Rey waarin hy hom versoek om die beplande Treurfontein-vergadering (wat op 15 Augustus sou plaasvind) eers uit te […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 11 Augustus 1914

Op 11 Augustus 1914 lig die magistraat van Lichtenburg, J.C. Juta, die Suid-Afrikaanse regering in dat hy verneem het dat genl. Koos de la Rey kommandeerbriewe in die Lichtenburg-distrik versprei. Hiervolgens roep De la Rey alle burgers op om op 15 Augustus ’n vergadering op Treurfontein in die Wes-Transvaal by te woon. Hulle moet gewapen […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 7 Augustus 1914

Nadat Brittanje op 4 Augustus 1914 tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het, het genl. Louis Botha die Britse regering in kennis gestel dat die Unie van Suid-Afrika volle verantwoordelikheid vir sy eie verdediging gaan neem en dat imperiale troepe vir oorlogsdiens elders uit Suid-Afrika onttrek kan word. Op 7 Augustus 1914, vandag 106 jaar gelede, […]