Die Tweede Wêreldoorlog kom amptelik tot ’n einde met die ondertekening van die Japannese oorgawedokumente op die dek van die USS Missouri.
Tag Archives: Tweede Wereldoorlog
Op 25 Januarie 1913 word Robey Leibbrand op Potchefstroom gebore. Hy verwerf bekendheid in Suid-Afrika as bokser en haal in 1936 die halfeindronde op die Olimpiese Spele in Berlyn. Prof. P.G. Nel skryf soos volg oor Leibbrand in die Afrikaanse kultuuralmanak: “Gedurende die Tweede Wêreldoorlog bevind hy hom in Duitsland, terwyl die Unieregering Engeland teen […]
Op 10 September 1948, vandag 72 jaar gelede, kom 83 Duitse oorlogswesies van die Tweede Wêreldoorlog in Pretoria aan. Nagenoeg 750 000 Duitse kinders is na afloop van die oorlog wees gelaat. Hiervan was sowat 250 000 sogenaamde volwese – kinders wat albei ouers verloor het. Verskeie welsynsorganisasies wêreldwyd het ’n hand uitgesteek om dié […]
Op 28 Junie 1948, vandag 72 jaar gelede, word die Berlynse Lugbrug (in Engels bekend as die Berlin Airlift) deur die Weste ingestel. Ná die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland in vier sektore verdeel met Brittanje, die Sowjet-Unie, Frankryk en die VSA in beheer van elkeen van dié sektore. Die Duitse hoofstad, Berlyn, word op dieselfde […]