Tag Archives: Uitenhage

FOTO VAN DIE WEEK – Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881

Hierdie week se FOTO VAN DIE WEEK kom uit: Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881   Johannes Willem (Jan) Viljoen (1812-1893) is in die distrik Uitenhage in die Kaapkolonie gebore en het daar grootgeword. Hy het eers in 1843 na die Transoranje getrek waar hy sy lot by die Voortrekkers van Winburg gewerp het. Na sy betrokkenheid […]

14 Oktober 1818 – Marthinus Jacobus Oosthuizen gebore

Marthinus Jacobus Oosthuizen, bekend vir sy heldedaad tydens die Groot Trek, is op 14 Oktober 1818 in die Uitenhage-distrik gebore. In Februarie 1838 het Oosthuizen op die rug van sy perd, Swartjie, ’n vreeslose, heldhaftige daad gepleeg. Tydens ’n Zoeloe-aanval het die Trekkers die dood in die gesig gestaar toe hul ammunisie opgeraak het. Oosthuizen […]

25 April 1804 – Uitenhage gestig

Op 25 April 1804 stig die Bataafse kommissaris aan die Kaap, Jacob Abraham Uitenhage de Mist, die dorp Uitenhage. Aangesien die Graaff-Reinet-distrik uitermatig groot was en tot administratiewe druk gelei het, is besluit om ’n afsonderlike dorp en distrik te vestig. Die stigting van die Uitenhage-distrik het die Graaff-Reinet-distrik in twee verdeel. Die ligging van […]