Tag Archives: Unie van Suid-Afrika

7 Oktober 1854 – Genl. Christiaan de Wet gebore op die plaas Leeuwkop

Genl. Christiaan de Wet is vandag 166 jaar gelede, op 7 Oktober 1854, op die plaas Leeuwkop in die Smithfield-distrik gebore. Hy is op 19-jarige ouderdom met Cornelia Kruger getroud – ’n huwelik waaruit 16 kinders gebore is. De Wet het aan die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) deelgeneem, maar word veral onthou vir sy deelname aan […]

11 September 1950 – Jan Smuts oorlede

Jan Smuts is vandag 70 jaar gelede, op 11 September 1950, in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Smuts is op 24 Mei 1870 op die plaas Bovenplaas (deel van Ongegund) naby Riebeek-Wes in die toenmalige Kaapkolonie gebore. Smuts het reeds van jongs af as ’n uitmuntende student na vore getree. Ná skool studeer hy […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 5 September 1914

Wat het De la Rey op Potchefstroom gedoen? Op 5 September 1914 vertrek genl. Koos de la Rey na Kaapstad om die parlementsitting daar, op versoek van genl. Christiaan de Wet, by te woon. Hy onderbreek sy reis om ’n militêre oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Dié kamp is die eerste van sy soort […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 21 Augustus 1914

Op 21 Augustus 1914 vind ’n “inval” deur Duitsers vanuit Duitswes-Afrika by Schuitdrift, sowat 50 km noordwes vanaf Kakamas, op die Oranjeriviergrens tussen Duitswes-Afrika en Suid-Afrika plaas. In Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redaksie van prof. Andries Raath) word die gebeurtenis soos volg beskryf: “By Schuitdrift het ’n groepie Afrikaners op 21 Augustus Duitswes onwettiglik probeer verlaat […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 19 Augustus 1914

Nadat die Unie van Suid-Afrika vroeg in Augustus 1914 sy steun aan Brittanje toegesê het in die Eerste Wêreldoorlog, is begin met planne vir die inval van die Unie se Duitse bure in Duitswes-Afrika. Dié planne het egter ’n dringende hupstoot gekry toe daar op 19 Augustus 1914 bevestiging ontvang is dat Duitse soldate die […]