Tag Archives: Unieverdedigingsmag

Rebellie van 1914 – Dagboek: 11 Oktober 1914

Teen 11 Oktober 1914 loop spanning hoog in Suid-Afrika met nuus oor genl. Manie Maritz se Rebellie wat begin versprei. Op dié dag neem Maritz se troepe Keimoes en Kakamas in besit. Hieroor skryf die historikus Wynand Boshoff: “Die aanval op Keimoes was vir Maritz ’n keerpunt. Terwyl hy verwag het dat die ‘volk’ hom […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 Oktober 1914

Op 9 Oktober 1914, vandag 106 jaar gelede, gaan Manie Maritz (wat skaars ’n week tevore nog gedreig het dat hy eerder uit die Unieverdedigingsmag sal bedank as om Duitswes-Afrika in te val) met sowat 600 man by hom by Van Rooyensvlei, wes van Upington, oor tot ’n Rebellie teen die regering. Maritz het die […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 15 September 1914

Op 15 September 1914 dien Christiaan Beyers sy bedanking as kommandant-generaal van die Unieverdedigingsmag in by Jan Smuts omdat hy nie met die besluit om Duitswes-Afrika aan te val, kan saamleef nie. Jan Kemp trek ook op hierdie dag sy bedanking terug, maar dit word verwerp. Beyers stuur sy motorbestuurder en sy vrou, Mathilde, om […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 5 September 1914

Wat het De la Rey op Potchefstroom gedoen? Op 5 September 1914 vertrek genl. Koos de la Rey na Kaapstad om die parlementsitting daar, op versoek van genl. Christiaan de Wet, by te woon. Hy onderbreek sy reis om ’n militêre oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Dié kamp is die eerste van sy soort […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 21 Augustus 1914

Op 21 Augustus 1914 vind ’n “inval” deur Duitsers vanuit Duitswes-Afrika by Schuitdrift, sowat 50 km noordwes vanaf Kakamas, op die Oranjeriviergrens tussen Duitswes-Afrika en Suid-Afrika plaas. In Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redaksie van prof. Andries Raath) word die gebeurtenis soos volg beskryf: “By Schuitdrift het ’n groepie Afrikaners op 21 Augustus Duitswes onwettiglik probeer verlaat […]