Tag Archives: Universiteit van Pretoria

6 September 1958 – UP gehoorsaal ingewy

In 1930 het die gedagte ontstaan om by die Universiteit van Pretoria ’n saal te bou waarmee die Voortrekkers in die Eeufeesjaar 1938 vereer kan word. Gebrek aan fondse het die uitvoering van die grootse gedagte egter in die weg gestaan. Met die groei van die Universiteit, het die behoefte aan ’n gehoorsaal en ’n […]

Erfenismaandfokus – Gouddelwery amptelik aan die Witwatersrand toegelaat

Op 8 September 1886, 135 jaar gelede, word gouddelwery amptelik aan die Witwatersrand toegelaat en duisende fortuinsoekers haas hulle daarheen in die hoop om ’n stukkie van Afrika se goud vir hulself te kry. Hoewel daar in die nagenoeg 30 jaar voor 1886 verskeie gouddraende klippe noord van die Witwatersrand gevind is, was die pogings […]

30 Junie 1938 – Legendariese storieverteller Jan Spies gebore

Die legendariese storieverteller en skrywer Jan Spies is vandag 82 jaar gelede, op 30 Junie 1938, op Sekretarispan in die destydse Suidwes-Afrika gebore. Hy het sy skoolloopbaan in Suidwes voltooi, waarna hy sy studies by die Universiteit van Pretoria aangepak het. In 1974 behaal hy sy doktorsgraad in Afrikaans en ’n jaar later verskyn sy […]

23 Junie 1939 – Ds. Louis Ernst Brandt sterf

Op 23 Junie 1939 sterf ds. Louis Ernst Brandt op 65-jarige ouderdom in Johannesburg. Brandt, ’n gebore Nederlander, het gedurende die Anglo-Boereoorlog, terwyl hy nog in Nederland gewoon het, geheime korrespondensie van Johanna van Warmelo ontvang en aan die verbanne president van die ZAR, Paul Kruger, en sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, besorg. Brandt en […]