Tag Archives: vandag in die verlede

28 Julie 1990 – Hallmark-bom ontlont

Op 28 Julie 1990, vandag 30 jaar gelede, word die polisie ingelig van ’n verdagte minibus in ’n parkeerterrein in die Hallmark-gebou in Vermeulenstraat, Pretoria, en ontdek dat die bussie ’n motorbom bevat. Die bom word suksesvol ontlont deur die ’n spesialis van die Suid-Afrikaanse bomeenheid, George Francois Hammond*. Die Suid-Afrikaanse Polisie se goue kruis […]

27 Julie 1863 – Kaalvoetvrou Susanna Catharina Smit sterf

Op 27 Julie 1863, vandag 157 jaar gelede, sterf Susanna Catharina Smit (néé Maritz), eggenote van die geestelike leier van die Voortrekkers Erasmus Smit (sien foto), in die ouderdom van 63 jaar. Susanna het teen haar sin as 13-jarige meisie met Erasmus getrou. Sy was onder meer bekend vir die opvoedkundige rol wat sy tydens […]

20 Julie 1970 – SA kondig sukses aan in ontwikkeling van proses vir isotoopskeiding en uraanverryking

Vandag 50 jaar gelede, op 20 Julie 1970, kondig die destydse minister van mynwese aan dat ’n span Suid-Afrikaners onder leiding van dr. W.L. Grant een van die grootste wetenskaplike en tegniese prestasies in die geskiedenis van Suid-Afrika behaal het. Die span het daarin geslaag om ’n proses vir isotoopskeiding en derhalwe ook van uraanverryking […]

29 Junie 1904 – Paul Kruger se laaste boodskap

Die voormalige president van die ZAR, Paul Kruger, het gedurende die Anglo-Boereoorlog na Europa vertrek en ná die oorlog as banneling daar aangebly. In Mei 1904 gaan woon hy in Clarens, Switserland. Op 29 Junie van daardie jaar stel sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, in opdrag van Kruger dié Boereleier se laaste amptelike boodskap aan […]

24 Junie 1896 – Lutherse kerk op Kroondal ingewy

Op 24 Junie 1896 is die Lutherse kerk op Kroondal, buite Rustenburg, ingewy. Dié historiese gebou is in 1979 gerestoureer en die volgende jaar tot ’n nasionale monument verklaar. Die Duitster Karl Heyne was die argitek en bou-opsigter. ’n Nuwe kerkgebou is jare later opgerig en in gebruik geneem. Die geskiedenis van dié Duitse gemeenskap […]