Tag Archives: Veldslag

11 April 1902 – Slag van Roodewal

Die Slag van Roodewal – die laaste groot slag van die Anglo-Boereoorlog – het op 11 April 1902 plaasgevind. In dié aanval kom nagenoeg 2 600 burgers teen ’n Britse mag van sowat 11 000 soldate te staan. Sowat 42 Boere het in dié slag gesterf. In sy boek Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, […]

11 Junie 1900 – Slag van Donkerhoek begin

Vandag 120 jaar gelede, op 11 Junie 1900, het die eerste dag van die Slag van Donkerhoek (ook bekend as Diamond Hill) net oos van Pretoria plaasgevind. Die Boeremag onder leiding van genl. Louis Botha, bygestaan deur generaals Koos de la Rey, Ben Viljoen, Tobias Smuts en andere, het in dié geveg wat as ’n keerpunt […]

27 Februarie 1881 – Finale veldslag van die EVO

Verskeie veldslae het aan die Natal-grens plaasgevind gedurende die Eerste Vryheidsoorlog. Waar het die finale veldslag op 27 Februarie 1881 plaasgevind en wie het hier die oorwinning behaal? Die Slag van Schuinshoogte en die Britte het die oorwinning behaal. Die Slag van Majuba en die Boere het die oorwinning behaal. Die Slag van Majuba en […]

24 Januarie 1900 – Slag van Spioenkop

Vandag 120 jaar gelede, op 24 Januarie 1900, vind een van die bloedigste veldslae van die Anglo-Boereoorlog plaas. Ná die eerste gevegte op die Natalse front by Talana, Elandslaagte en Modderspruit, begin die Beleg van Ladysmith aan die begin van November 1899. Hiertydens beleër kommandant-generaal Piet Joubert generaal sir George White en nagenoeg 12 000 […]