Tag Archives: Vereeniging

Vrede word onderteken in Pretoria

Die Vrede van Vereeniging wat op 31 Mei 1902 in die Melrose-huis in Pretoria onderteken is, het ’n amptelike einde aan die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gebring. Die huis is gedurende die oorlog as die Britse hoofkwartier gebruik. Hiervandaan stuur eers lord Roberts en daarna lord Kitchener vir nagenoeg 18 maande lank bevele vir die Britse generaals […]

Die duurste oorlog van sy tyd kom tot ʼn einde

Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het op 31 Mei 1902, vandag presies 115 jaar gelede, tot ’n einde gekom. Dié oorlog was die duurste en grootste waarby Brittanje vanaf 1815 tot 1914 by betrokke was. Hoewel daar aan Britse kant oorspronklik gereken is dat die oorlog skaars drie maande sou duur, het die uitgerekte oorlog die Britte […]

NUUSFLITS: Die oorlog is verby!

Vandag, presies 115 jaar gelede in 1902, is die Anglo-Boereoorlog met die ondertekening van die Vrede van Vereeniging beëindig. Die verwoestende oorlog het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur en die twee Boererepublieke (naamlik die ZAR en OVS) in puin gelê. In hierdie stadium was die Boere oorlogsmoeg, hul hulpbronne uitgeput en met duisende […]