Tag Archives: Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans

14 Augustus 1875 – AFRIKAANSE TAALDAG

AFRIKAANSE TAALDAG: Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Dit was die eerste amptelike poging om Afrikaans as eie taal te vestig en daarom word dié dag jaarliks as Afrikaanse Taaldag gevier. Die GRA het verskeie aktiewe pogings aangewend om die taal op te bou en onder […]

Aanhaling van die week – 9 Augustus 2021: Prof. Jaap Steyn

“Kleiner tale kan floreer wanneer die staat minderhede beskerm en hul tale bevorder. Indien nie, probeer taalgemeenskappe met eie middele hul tale in stand hou. Taalgetrouheid is dan ’n vereiste, maar ook die wil, ywer en bekwaamheid van leiers in die taalgemeenskap, én genoeg geld […] Die belangrikste is om dit [Afrikaans] waar moontlik te […]

Aanhaling van die week – 26 Julie 2021: Jaap Steyn

“J.H.H. (Jannie) de Waal het grootgeword in Kaapstad, waar daar soos elders gespot is met die taal van Die Afrikaanse Patriot. Sy eerste indrukke daarvan was egter ‘aangenaam’, selfs ‘inspirerend’ […] ‘ek het gevoel dat ek hier te doen het met ’n maklik te verstane, gesellige huisvriend’.” J.C. Steyn, Verset & opbou: Skrywers en politici […]

Aanhaling van die week – 15 Februarie 2021: Verset & Opbou

“Sommige Afrikaners kon die belang van die ontwikkeling van Afrikaans tot kultuurtaal nie insien nie, maar ander het deelgeneem aan taalhandhawing en die opbou van ’n Afrikaanse literêre en geestelike lewe wat die bemagtiging van Afrikaanssprekendes deur moedertaalonderwys tot op universiteitsvlak insluit.” J.C. Steyn, Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans, p. […]

Skrywersaanhaling van die week – 12 Oktober 2020: Dalene Matthee, Elsa Joubert

“Engels is weliswaar my beste vriend, maar ek moes ontdek dat my siel Afrikaans is. Vandag kan ek net sê Afrikaans was goed vir my. Baie goed. Ek skuld Afrikaans. En ek dink die vreeslikste ding wat ’n mens kan oorkom, is as jy nie in jou eie taal sou kon skryf nie.” Dalene Matthee […]