Tag Archives: Verset & opbou

Aanhaling van die week – 1 Maart 2021 – Verset & Opbou

“Die eerste tydskrif van die twintigste-eeuse taalbeweging, Die Brandwag, maak op 1 Junie 1912 met genoeë melding van ‘Nederlanders van naam en gesag wat aan onse Afrikaanse taal alle reg, en alle reg van bestaan, laat wedervaar het’. […] Die grootste verdediger van Afrikaans was Hesseling, wat die taal telkens in Nederlandse vaktydskrifte verdedig het. […]

Historiese foto – Nederlandse emigrante na SA

Op 28 Oktober 1950 het nagenoeg 800 Nederlandse emigrante aan boord “De Zuiderkruis” na Suid-Afrika vertrek. Voor hul vertrek het kol. P.I. Hoogenhout, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, in ’n toespraak aan die emigrante verklaar: “Ek weet dat dit nie vir julle maklik is om Nederland te verlaat nie. Die oorbevolking in Nederland skep toenemende probleme. […]

23 April 1914 – Langenhoven kry amptelike erkenning vir Afrikaans

Op 23 April 1914, vandag 106 jaar gelede, kry Afrikaans vir die eerste keer amptelike erkenning in die Kaapse provinsiale raad toe die taalstryder en skrywer C.J. Langenhoven die koukus van Engelssprekendes toespreek. In dieselfde jaar is daar, weens Langenhoven se volgehoue druk, besluit om Afrikaans as onderrigmedium in Afrikaanse skole in te stel. Oor […]

6 Maart 1905 – J.H. Hofmeyer toespraak

“Is’t u ernst?” Hierdie woorde van die politikus en taalstryder J.H. (Onze Jan) Hofmeyr het vandag 115 jaar gelede, op 6 Maart 1905, tydens ’n toespraak in Stellenbosch die mense behoorlik laat regop sit. Dié toespraak is gelewer tydens ’n byeenkoms van Ons Spreekuur, ’n Stellenbosse studentevereniging. Hierin het Onze Jan, ’n bekende yweraar vir […]

Moedertaal en melktert

deur Ilze Nieuwoudt Min dinge sê “lekkerrrr” soos Afrikaans en melktert! Daarom kan Kraal Uitgewers-ondersteuners hulle regmaak vir dubbeldoorvieringe gedurende Februarie. Vanaf 21 Februarie skop die partytjie af met die viering van Internasionale Moedertaaldag en eindig op 27 Februarie wanneer die wonder van die allerlekkerste lekkerny op Nasionale Melktertdag gevier word. Gedurende dié week (21 […]