Tag Archives: Verskroeide aarde

23 Oktober 1900 – Bothaville verwoes tydens ABO

Op 23 Oktober 1900, vandag 120 jaar gelede, is die Vrystaatse dorp Bothaville gedurende die Anglo-Boereoorlog deur Britse magte verwoes. Minstens 48 huise is in puin gelê, terwyl die kerk en enkele openbare geboue gespaar is. Die historikus Fransjohan Pretorius skryf hieroor in die boek Verskroeide aarde: “In Oktober 1900 het lt.genl. A. Hunter die […]

22 September 1900 – Oprigting van eerste twee ABO vlugtelingkampe

Op 22 September 1900, vandag 120 jaar gelede, word die oprigting van die eerste twee sogenaamde vlugtelingkampe van die Anglo-Boereoorlog in Pretoria en Bloemfontein aangekondig. Dié regeringsaankondiging is in die Gazette gepubliseer deur generaal-majoor J.G. Maxwell, militêre bevelvoerder in die Transvaal-kolonie, en het bekend gemaak dat “camps for burghers who voluntarily surrender are being formed”. […]