Tag Archives: Verskroeideaardebeleid

Historiese foto – Nasionale Vrouemonument

Die vrouebeeldegroep aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Dit is die toneel wat Emily Hobhouse by die Springfontein-konsentrasiekamp gesien het waar ’n vrou met ’n sterwende kind op haar skoot gesit het en niks kon doen om die kind se lewe te red nie. Die beeldhouer Anton van Wouw het bykans twee […]

30 Julie 1900 – Vrystaatse magte gee oor by Brandwaterkom

Teen 30 Julie 1900 het die Britte hul net stywer begin trek rondom die Vrystaatse krygers. Die Anglo-Boereoorlog het teen dié tyd reeds ’n verlammende effek op die Transvalers én Vrystaters gehad. Beide republieke se hoofstede was toe reeds ingeneem deur die Britte en die verskroeideaardebeleid was ook reeds in volle swang. Die Vrystaters het […]

16 Junie 1900 – lord Roberts se verskroeideaardebeleid geïmplementeer

Op 16 Junie 1900 word die verskroeideaardebeleid met lord Roberts se proklamasie geïmplementeer. Hierin voer Roberts onder meer aan dat Boere woonagtig in die omgewings waar enige skade wat aan treinbrûe, spoorlyne en telegraaflyne aangebring word, verantwoordelik gehou sal word. Hy skryf in die proklamasie: “The houses in the vicinity of the place where the […]