Tag Archives: virus

R1 miljoen geskenk vir noodfonds – JY KAN HELP!

Die Virseker Trust het aangekondig dat hy R1 miljoen aan die Solidariteit Beweging se Noodfonds gaan skenk. Die fonds se doel is om hoofsaaklik kinders en bejaardes met noodvoeding te help en om deur die Beweging se Skoleondersteuningsentrum (SOS) te sorg dat leerders op Wolkskool, die SOS se e-leerstelsel, voortgesette onderrig tydens die Covid-19-krisis te […]

Woord van die week – 23 Maart 2020

kwarantyn s.nw. Tydperk van afsondering vir reisigers, siek mense en diere, besmette skepe wat moontlik besmetlike siektes kan versprei. (Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)

16 Maart 1713 – Pokke aangemeld in Kaapkolonie

Teen 16 Maart 1713 het die eerste gevalle van pokke kop uitgesteek in die Kaapkolonie. Dit is na bewering deur besmette kledingstukke van verbygaande skepe na die Kaap gebring en het eers na slawevroue wat dié stukke moes was, versprei. Kort voor lank het pokke ook na die Europeërs, die plaaslike mense en veral die […]

Woord van die week – 2 Maart 2020

virus s.nw. Enigeen van ‘n groep submikroskopiese organismes wat siektes veroorsaak. 2. Iets wat die gees vernietig. 3. (rekenaarwetenskap) Geheime kode wat rekenaarstelsels korrupteer en data vernietig. Eng. virus uit Latyn virus “slym, gif, vuilis”. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)  

Woord van die week – 10 Februarie 2020

1. Enigeen van ‘n groep submikroskopiese organismes wat siektes veroorsaak. 2. Iets wat die gees vernietig. 3. (rekenaarwetenskap) Geheime kode wat rekenaarstelsels korrupteer en data vernietig. Eng. virus uit Latyn virus “slym, gif, vuilis”. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)