Op 29 Desember 1895 val dr. L.S. Jameson die ZAR vanuit Betsjoeanaland in. Die historikus J.H. Breytenbach skryf daaroor: “Dit [die aanval] was ’n dag ná die datum wat oorspronklik beplan was vir die uitbreek van ’n Uitlanderopstand in Johannesburg, wat deur Engeland aangegryp sou word vir die anneksasie van die Republiek, maar wat ter […]